Lidi de Waal

 (0)

Shop

Opsoek

Category:
Paintings
Price:
R 8200.00
{{variant.name}}:
{{opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
Description

as jy al weke der weke soek

na die regte bly slash werk slash galleryplek

maar niks werk ten goede mee nie...

net as jy glo die's nou die regte plek

jy settle op ń insustrial workshop

maar die landlord sê hu uh jy kan nie daar bly nie

en dan op 'n ou ou gebou oorkant die railway hotel

maar jy voel 'n spokigheid daar aan

maar not to worry jy weet van spoke befriend

maar jy moet 'n bad daar laat insit ens ens

wat fine is maar die plek bly streeds te koop

en die kind sê nee ma nee

of jy eien ń volgende en 'n volgende plek as nie perfek nie

maar met genoeg potensiaal

maar iemand anders raap dit eerste op

of of of

dan vertel jy jouself daar's 'n rede hoekom dit nie werk nie

dit beteken jy moes nie daar geland het nie

en jy begin dink die regte plek gaan nooit kom nie

want die universe het besluit jy's nou te oud

en jy bly byt te groot happe af

en jy bly vergeet jy's net 'n mens

en 'n mens het limits

En net as jy heeltemal moedeloos geword het

dan op 'n dag ........

dan bel die agent op 'n doodgewone dinsdag

en se DIE PLEK IS NOU JOUNE

en jy wil oor die maan spring van blygeit

en jy's besig om ń vrou met 'n blomdonkie te verf

en die vrou met die blomdonkie

is vir jou rerig rerig erig 'n mooi vrou met 'n blomdonkie

dan luister jy na davidkramer en kooskombuis

wat sing ek wil net huis toe gaan

ek wil net huis toe gaan

en jy's so bly dat jy nou sal kan saamsing

dat jy ook nou na maande der maande kan huistoe gaan

©Lidi

750x1m blocked board