Vrede
|
Category: |
Paintings |
|
Price: |
R 4500.00 |
|
{{variant.name}}:
|
{{opt.name}}
{{opt.name}}
|
om een of ander rede is dit aan my toebetrou dat al die vrouens wat ek verf
bietjie gatvol of sad of effe tevrede lyk
(nooit heeltemal dik van die lag nie)
Ek dink dis oor as hulle deur 'n spieël in 'n raaisel inkyk, dan verstaan hulle nie die raaisel nie en hulle verstaan ook nie die antwoorde nie
En die antwoorde wat ander vir hulle wil gee die verstaan hulle ook nie
want diè wat maak of hulle die antwoorde het...hulle raai ook maar
Nou kyk hulle maar al minder in daai raai raai spieël want hulle is moeg vir die raai raai raaispul
Nou kyk sy liewers by die venster uit
na ons ewige gebergtes en staan in bloue verwondering oor die skoonheid
Sy sien liewers as sy laatmiddag huistoe ry
langs die N1 tussen jip de Jager en durbanville afdraai hoe die haweloses
vir hulle skuilings maak vir die nag
en haar hart word gevul met jammerte
Nou kyk sy op en rondom haar en sien hoe mooi die wit duiwe vrede dwarsdeur die spieël verby die raaisel
tot binne in haar hart vlieg
©Lidi
600x800 blocked board